What's new
Carbonite

South Africa's Top Online Tech Classifieds!
Register a free account today to become a member! (No Under 18's)
Home of C.U.D.

5870 CF enige goeie liquid/water cooling advies?

ruben41771

Member
Rating - 90%
9   1   0
Joined
Jul 13, 2011
Messages
307
Reaction score
0
Points
1,165
Age
41
Location
Strand
Hi

Ek is besig om n 5870 cf system op te bou het al klaar die 2 gpu's gekry
1. XFX 5870
2. Asus EAH 5870

Die cpu is I7 2600 en die bord gaan die Intel DP67BG of Asus P8P67 wees besluit nog.

Ek sien op so n system hardloop die kaarte se fans baie naby aan mekaar; so enige iemand wat weet waar om n hele liquid system te koop in S.A sonder om die bank te breek??
Het ook gekyk na die Zalman VF300A vga cooler maar alle sites se dit is bietjie groot vir crossfire....

Wil die 2 gpu's goed afkoel want dit is n belegging.... Standard cooling gaan nie werk vir my nie.
Dankie:::confused
 
Ja - hier's goeie liquid cooling advies - moenie dit nou doen op 5870's nie - Swaai hulle en kry vir jou 'n 5970... problem solved. Bietjie geoverclock tot 5870 clock speeds, loop 'n 5970 net so hard soos 2 x 5870's, en jy sukkel nie met cooling issues met een kaart wat warmer hardloop as die ander een nie.

5870's, alhoewel hulle nog sterk kaarte is (ek hardloop self een van hulle in CrossfireX saam met my 5970), is nie die moeite werd om nou groot geld voor te gaan uitle vir waterblokke nie - en om hulle 2de-hands te kry is soos om 'n aid parcel in Ethiopiee te probeer kry - hulle is donners skaars... Neem dan in ag, dat 5870's se waarde het erg afgeneem in die laaste 6 maande, en hulle verkoop nou 2nd-hand vir in die region van R1600-2000, afhangende van maak, model, ouderdom en warranty, en jy sal sien dat om R2-3k op waterblokke + 'n ekstra radiator te spandeer (neem aan jy't klaar 'n water setup), is net geldmors - jy gaan nooit daai geld terugsien nie.

Genuine, swaai daai 5870's, soek vir 'n nice 5970, en loop hom tot jou stert weer jeuk vir 'n upgrade, of jy 'n nice 5970 full-cover blok iewers raakloop. Of, as jou stert nou regtig jeuk, swaai daai twee 5870's, sit dit by die geld wat jy sou spandeer het op 5870 waterblokke, en soek vir jou 'n mooi GTX590 of HD6990... dan kan jy altyd oor 'n paar maande 'n waterblok op daai nuwe kaart sit, en hom sommer vir nog baie lank geniet.

2 x 5870's is baie dinge, maar 'n belegging is hulle ongelukkig nie.

Sorry as dit jou bubble bars, maar vat dit van iemand wat al derduisende rande op watercooling weggegooi het... My 5970 het my 'n jaar en 'n half terug R4500 tweedehands gekos, sy waterblok het my nog R1200 uit die sak gejaag... ek's nou lucky as ek hom kan swaai met blok en al vir R3500.
 
Presies ek het nie gese ek wil iets verkoop of swaai nie ek is nie of beplan om dit weer te verkoop nie. Hoekom sal ek my kaarte verkoop vir R4000 en n 580 gaan koop wat nie so sterk is soos die 5870 cf nie, en dan moet ek nog steeds die 580 sli, en dan moet ek nog daai goeters ook afkoel, so sal dit nooit op n einde kom nie! Sal ook nie n gpu koop wat x2 is nie want dit is boring dit is al oorals bewys dat 2 single gpu's beter perfom as n x2..
Ek het wat ek het so ek moet dit maak werk.
Enige iemand anders weet waar om n cooling system nuut te koop??
 
Lol - jy vra vir raad, dan raak jy snotterig as wat jy hoor nie ooreenstem met jou voorafbedenkde plan nie.

PC bits (veral CPU's en GPU's) IS NIE BELEGGINGS NIE. Hulle depreciate erger as Alfa's en Opels.

Ek't nooit geclaim 'n 580 is vinniger as 'n 5870 nie. 590 / 6990 is wel - heelwat vinniger. En ja, 2 single GPU's perform beter as hulle x2 counterparts, omdat die x2 kaarte gedownclock word vir TDP rede's om binne spesifikasie te pas. 5970 overclock tot 850MHz Core / 1200 Memory sonder enige hassles, en as twee 5870's dan vir hom weghardloop, dan haal ek my hoed af vir jou. Dis dan presies dieselfde Cypress chips wat daar hardloop. Solank jou motherboard genoeg throughput het deur PCIe, loop hulle presies soos 2 individuele kaarte.

Ja, die individuele kaarte clock bietjie hoër as jy hulle overclock, te danke aan meer krag wat aan elke individuele kaart toegestaan word, maar jou trade-offs is hoër power consumption, meer hitte in jou case, duurder koste vir beide kaarte, en duurder water cooling goodies as jy altwee kaarte wil onder water sit.

En as jy vasbeslote is op individual kaarte, kry eerder vir jou 2 x unlocked 6950's, kry vir hulle blokke, en druk hulle onder water... hulle blokke is meer volop, en die kaarte is nog in goeie demand, so jy gaan hulle makliker swaai wanneer die upgrade bug jou byt vir die volgende generasie.. Boonop scale hulle Crossfire beter as 5870's, en hulle hanteer DirectX 11 baaaiiiieee beter as die 5870.

Persoonlik, in jou skoene, as ek vasbeslote wat op water-cooling, swaai ek my 5870's vir R3800 vir die pair - dan sit ek R1000 by, en wag vir 'n GTX590 of 'n 6990 om op die forum te verskyn.. nog R1000-1200 vir 'n waterblok, en jy't 'n monster kaart vir R2400 uit jou sak uit... Vergelyk dit met jou huidige situasie, waar jy daai R2400 inelkgeval sou betaal om 2 nuwe 5870 waterblokke te kry - en dan sit jy met kaarte wat jy oor 'n jaar gaan verkoop vir R1200 stuk, waterblok en al.

Maar hey, ek praat uit my hol uit - gaan mal en gaan koop vir jou brand new water cooling goodies om previous gen kaarte mee te verkoel - Landmark PC's is omtrent die enigste decent Water Cooling importer in die land, en hulle import costs is duur, so moenie skrik vir die pryse nie - en moenie kom sanik, kerm en jouself bejammer as die hele affere 'n gat in jou sak gebrand het, en 'n nuwe generation kaart met sy stock coolertjie jou setup se gat kom skop, en mense jou peanuts offer wanneer die tyd kom om te verkoop nie.

Ek was nie lelik in my eerste post nie - sorry as dit so afgekom het - ek bied regtig net raad uit ondervinding uit. Gesels met Andy by Landmark PC's oor water cooling - en as jy wil, vra hom sy opinie oor die hele storie - hy gaan vir jou presies dieselfde raad gee wat ek nou net het.
 
Last edited:
Snotty replies??
Dude ek het nou net getune ek gaan nie die gpu's verkoop nie maar jy gaan aan dan ek moet iets anders kry....... Kom aan asb. Ek hou my kaarte en ek soek cooling advies nie upgrade advies!!!
 
Erm, hy het jou advies gegee...

Hy het mos gese dat die enigste plek wat jy nuwe WC goodies kan koop is by Landmark, andersens moet jy maar invoer. Moenie op jou perdjie spring so gou nie ou bul, ontspan jou boude. :)
 
Dude... jy se jy's confused, en jy noem die 5870's 'n belegging - dis blerrie duidelik jy's confused as jy na PC parte so verwys. My raad sentreer daarom dat dit nie sin maak om nuwe waterblokke wat amper soveel soos jou kaarte werd is op te sit, vir kaarte wat by einde volgende jaar heeltemal outdated gaan wees nie. Die cooling advies gaan jou meer uit die sak jaag as upgrade advies!!!

Dan boonop, gee jy niks info oor of jy die CPU ook in die loop in wil druk, en watse case jy hardloop nie???

Maar jy soek advies, en as dit nie is wat jy wil hoor nie, dan wip jy jou gat en gee kort snip antwoorde.

Okay, soos ek gese het - hou noord, en, wel, jy ken die res.

Landmark PC's is jou best bet vir watercooling goodies

Anders so nie, as jy self stuff wil invoer, gaan na Performance PC's se site toe, en kry vir jou:

2 x XSPC Razor full cover blocks (die goedkoopste vir die 5870 as ek reg onthou)
'n double (2x120mm) radiator ---- triple, as jy jou CPU ook gaan verkoel, en dalk nog 'n double rad vir die loop, as jou case dit kan pas - meer radiators maak koeler - en onthou, hoe koeler, hoe langer gaan jou investment hou!
genoeg goeie 60 cfm+ fans (Yate Loons of Coolermaster Sickleflows of soortgelyk) vir die radiator(s)
'n fan controller of twee, dat daai fans nie die hele tyd full speed bler in jou ore nie
'n suitable waterblok vir die CPU, indien jy een gaan hardloop
EK Multioption Reservoir - of sommer 'n Swiftech Micro Res
Swiftech MCP655 Vario pomp
3/8" barbs en fittings vir al daai goodies (jy kan dit specify op die site saam met meeste van die goodies)
2-3M se pype
En sommer mooi coloured coolant ook.

Werk op 'n budget van so R8-10k as jy al daai goed gaan nuut koop.

Sterkte met die build.
 
Dankie die eerste stuk het ek bietjie afgedwaal, maar sal check wat jy verder getune het dit lyk soos advies! DANKIE!!
 
Oor die afdwaal - Moenie worry nie - daar's pilletjies vir ADD - ongelukkig nie vir dom wees nie - maar hulle werk blykbaar daaraan.

Sover die advies gaan, sou ek nogal graag wou sê jy's welkom en dit was 'n plesier, want ek geniet om te help waar ek kan - maar in hierdie geval, sou ek lieg.

Ek wil jou eintlik graag aanraai om die PC se case mooi met pratley putty toe te seel, sodat geen ventilasie gaatjies exposed is nie, en dan vul jy hom sommer op met tap water - water cooling kom net nie meer effektief as dit nie - en dit gaan jou 'n fortuin in elektrisiteit ook bespaar.
 
ja nee ek sien dit is wat gebeur as mens vir advies vra in S.A. Dit is net n jamerte dat almal alles weet.
Why het ek gevra vir advies,ek kon geweet het dit gaan gebeur
Cheers
 
Nee, dis wat gebeur as mens vir advies vra enigeplek, en mislik wil wees met mense wat dit wel vir jou gee, en vir jou openlik sê dat jy besig is om jou geld en tyd te mors.

O, en volgende keer wat jy vra vir advies, doen dit dalk in Engels... by verre die groter meerderheid van die members hier is Engels, en dis eintlik half ongeskik om as 'n newbie, sonder enige introduksie in Afrikaans net 'n thread te kom oopmaak... check die site se naam - Carbonite - nie Pietie-se-Afrikaanse-PC-parte-webwerf nie.

So ja, ons kan dieselfde se... mense wat in Afrikaans advies vra in SA - ons kon maar geweet het dit gaan gebeur.

En glo my, ek het nou al 4 PM's gekry en 2 Skypes, alles van mense af wat my vra wat JOU probleem is in hierdie thread - nie myne nie. Enigiemand op hierdie site wat hierdie thread lees, sal met my saamstem - jy tree op soos 'n ongepoetste hardkoppige grototter... so vra nou jouself - 'n hele forum vol mense wat dieselfde redineer, of jy - wie kan doen met 'n gemoedsverandering en bietjie beter maniere / beter opvoeding.

Vat jou attitude en gaan druk hom in jou hol... jy's inelkgeval klaar beterweterig, kortaf, en downright ongeskik.
 
Last edited:
check die site se naam - Carbonite - nie Pietie-se-Afrikaanse-PC-parte-webwerf nie.
Vat jou attitude en gaan druk hom in jou hol... jy's inelkgeval klaar beterweterig, kortaf, en downright ongeskik.
This sums things up nicely. And billy is right. 99.9% of us on here are english...

Anyways, welcome.... try not feed the trolls... (oops, you already did)
 
Thread moved to appropriate sub forum...
 
Im with Billy on this one. You ask for advice but then when you get some you just shoot it down. Listern to what we have to say. In the long run it is going to help you more. Xfire is actually not even worth it in heavy and expensive cards as they lose to much value to fast. I'd agree with selling the cards and getting a single card. you can prob then go and buy a single cards and still have some left to spoil the GF/wife.

If you want to talk about investing then you talk about things like your PSU, case, etc. Those parts that do not change at such a rapid pase and lose value so much...
 
WHAAAAAHAHAHAHAAAAA...no, no c'mon...please ask for more advise Ruben41771!!! This is too good...what a read!!!!!
 
Ja nee, vra rekenaar advies in Afrikaans??? Arme BillyBob het regtig sy bes gedoen om 'n antwoord in Afrikaans te gee, dit is uiters moeilik, al die terme is Engels!

Stem saam met BoomBear, GEEN rekenaar parte is beleggings nie, maar die naaste is kas, kragbron, monitor...

@Firestrm_ZA: There are quite a lot more than 0.1% afrikaans speaking forumites, most of us just have enough common sense to keep computer related discussions in english.
 
kas, kragbron

Oh wow, tchomma, dit was nou properse afrikaans daardie! Haha, ek dink nie ek het al ooit gehoor dat iemand na 'n kas verwys nie, of 'n kragbron. Jys heeltemal korrek, ek stry nie daarmee nie, dit klink net moerse vreemd.
 
Would love to know what's going on in this thread.. gana google translate this S**T :p
 
I will tell you what is going on I ask for advise for cooling 2x 5870 and i get advice for upgdading 2x 5870's
 
I will tell you what is going on I ask for advise for cooling 2x 5870 and i get advice for upgdading 2x 5870's

Kom ons gaan aan.

I understand you want cooling advise, and that it what Billy gave you as well, but we all are semi addcits (lies!) on here so yes, we would give you advise on your question but also give you advice for future upgrades (specially if it can save you money and increase performance!!! - I mean who wouldnt want that)
 
Ek agree met almal op die thread behalwe "ruben41771". Ek het 2xgtx260's wat ek ook gedink om te cool. maar om blokke te kry en blah blah blah.... not worth it. Dai bly 2 awesome kaarte en in crossfire own hulle maar dude, kyk biki wat kry jy vir die goed oor 6maande. dis nie n belegging as jy bv. R1000 vir 'n ding betaal nie en kry net R400 vir die ding terug... But go ahead. Knock yourself out and cool the hell out of them! :D
 
Really? Ruben? 1 word after reading this thread.. /facepalm

Meer mense is Afrikaans aswat julle besef :p

So op 'n ernstige noot ou maat, vat maar die raad van die mense hier rond (veral Billybaaab - kyk na die man se Feedback Scores en Posts), hulle sal jou help tot die beste van hulle vermoëns, INDIEN JY GEHELP WIL WORD!!
 
Dankie vir niks hulp mense, klaar hulp by overclock.net gekry nie 1 mens het gese om te upgrade nie almal het my net links gegee waar ek die cooling systems kan koop. Sulke mense moet S.A toe kom
Wie wil upgrade van 2x5870's?? Ek hardloop n 1900 resulotion en met 2 5870 kan ek alles op vol jam met 8x aa en 16x af.
As ek n rede kry om te upgrade dan sal ek luister na Billy Bob (wel nie rerig nie).
Afr rule, die engelse mense gaan terug na Engeland en enjoy a cup of tea.

Dankie aan die admin om my thread te skyf, ek het self probeer maar ek kon nie. Dankie
 
Dankie vir niks hulp mense, klaar hulp by overclock.net gekry nie 1 mens het gese om te upgrade nie almal het my net links gegee waar ek die cooling systems kan koop. Sulke mense moet S.A toe kom
Wie wil upgrade van 2x5870's?? Ek hardloop n 1900 resulotion en met 2 5870 kan ek alles op vol jam met 8x aa en 16x af.
As ek n rede kry om te upgrade dan sal ek luister na Billy Bob (wel nie rerig nie).
Afr rule, die engelse mense gaan terug na Engeland en enjoy a cup of tea.

Dankie aan die admin om my thread te skyf, ek het self probeer maar ek kon nie. Dankie

Ai tog, moet asb nie alles so erenstig op vat nie...kyk maar hier : http://www.carbonite.co.za/f3/u-mad-bro-15330/
 
You know thats what we do on this site, we look out for each other, billy has your best interest in mind. it doesnt benefit him in any way so why would he give you bad advice?

Think logically before you flame the oaks who clearly know more about it than you, the ones YOU ASKED for help.
 
Nooit weer vra ek vir hulp nie!
n Bra het getune kyk noord en *** voort sal maar luister daarna.
Hier is aan al die critieks gaan koop n kar ry tot die bande glad is en dan gaan na Supa Quick en vra vir n paar nuwe tyres, en as hulle vir jou tune los die tyres en koop net n nuwe kar dan kyk ons wie sal complain.
 
Nooit weer vra ek vir hulp nie!
n Bra het getune kyk noord en *** voort sal maar luister daarna.
Hier is aan al die critieks gaan koop n kar ry tot die bande glad is en dan gaan na Supa Quick en vra vir n paar nuwe tyres, en as hulle vir jou tune los die tyres en koop net n nuwe kar dan kyk ons wie sal complain.

as die nuwe kar beter performance het en die selde gaan kos in the long run sal ek! :D
 

Users who are viewing this thread

Latest posts

Back
Top Bottom